Die nuwe skoolkwartaal het Maandag op ’n hartseernoot vir die Hoërskool Waterkloof in Pretoria begin met die dood van ’n jare lange onderwyser aan Covid-19.
Japie Claassens (45), wat geografie en lewensoriëntering vir leerlinge in gr. 9 en gr. 11 gegee het, is Maandag dood nadat hy ses maande siek was.
Annette Grobbelaar, skakelbeampte van die skool, sê Claassens het “einde Maart, begin April” Covid-19 opgedoen.