Slegs 245 van die meer as 300 000 openbare kommentare wat ingedien is oor gesondheidsregulasies wat die minister van gesondheid ongekende magte gee in die bestuur van Covid-19 is oorweeg voordat dié regulasies uitgevaardig is.
Die regering meen boonop dat groepe wat dupliserende kommentaar ingedien het se kommentaar nie as “substantief” geag kan word nie, en dat dié groepe se optrede as “sabotasie en die aanwakker van chaos of terrorisme teen die staat” beskou kan word.
So wys hofverslae wat deur dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, aan die hooggeregshof verskaf is om sy besluit te regverdig om die regulasies op 4 Mei vanjaar uit te vaardig.