Al hoe meer kinders jonger as vyf in Amerika word met Covid-19 in die hospitaal opgeneem.
Dit is die enigste ouderdomsgroep wat nog nie vir inenting in aanmerking kom nie.
Die syfers van die laaste paar weke beklemtoon die noodsaak dat ouer kinders en volwassenes ingeënt word ten einde mense om hulle veilig te hou, sê dr. Rochelle Walensky, direkteur van die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC).