Die voordele van nog opvolgdosisse van die koronavirus-inenting vir volwassenes in die mediumrisikogroep, is marginaal. Daarom beveel die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) dit nie meer vir dié groep aan nie.
Daar is geen risiko vir mense in dié groep wat reeds hul eerste inenting en een opvolginenting gekry het, om nog opvolgdosisse te kry nie, maar die voordele is gering, het die WGO se entstofkundiges Dinsdag gesê.
Die WGO se strategiese adviesgroep van deskundiges oor immunisering (Sage) het die bygewerkte aanbevelings uitgereik ná sy jongste tweejaarlikse vergadering.