Die farmaseutiese groep Aspen wil ’n lisensie by Johnson & Johnson (J&J) kry om die Covid-19-entstof wat hy in Suid-Afrika vervaardig in Afrika te kan versprei sodat hy groter beheer het oor aan wie hy dit verkoop.
Dit sal die vasteland se eerste groot onafhanklike verspreidingsbasis vir ’n Covid-19-entstof wees.
J&J is die afgelope week skerp gekritiseer omdat van sy entstofdosisse wat Aspen in Suid-Afrika vervaardig, na Europa uitgevoer is. Die sowat 20 miljoen dosisse wat Aspen al vir J&J vervaardig en na Europa gestuur het, gaan nou teruggee word.