Gauteng het in sy vierde vlaag van die Covid-19-pandemie nog nie die kruin van die derde vlaag verbygesteek nie.
Die provinsie het Donderdag 11 791 daaglikse nuwe gevalle aangeteken terwyl daar tydens die kruin van die derde vlaag op 3 Julie 16 012 nuwe gevalle was.
Die kruin van die eerste en tweede vlae, wat onderskeidelik op 6 531 en 6 969 daaglikse nuwe gevalle staan, is egter lankal verbygesteek.