Die vierde vlaag van Covid-19-infeksies dreig in Gauteng, hoewel sommige kenners meen dit is nog te vroeg om nou al aannames te maak.
Die getalle in die provinsie styg drasties en prof. Bruce Mellado, hoofmodelleerder van die Gautengse Covid-19-bevelsraad, sê hoewel die provinsie dit nog nie amptelik bekend maak nie, is Gauteng reeds aan die begin van die vierde vlaag.
Volgens Mellado het die provinsie tussen verlede week en die week daarvoor “die grootste styging tot nog toe” beleef. In die week wat op 14 November geëindig het, het die bevestigde gevalle op 762 gestaan terwyl dit Sondag op 2 549 te staan gekom het, aldus Mellado.