2022 behoort die jaar te wees waarin maniere gevind sal word om die bose kringloop van inperkings te keer wanneer nuwe koronavirusvariante na vore kom.
Só sê prof. Jeffrey Mphahlele, adjunkvisekanselier vir navorsing en innovasie aan die Noordwes-Universiteit. “Ek verwag die paniek-reaksie teen nuwe variante behoort vanjaar op te klaar en harde inperkings behoort iets van die verlede te wees.”
Al kan daar met sekerheid gesê word nuwe variante wat as kommerwekkend beskou word, gaan vanjaar ontstaan, is die wêreld beter voorbereid om dit te hanteer, sê hy.