’n Antigeen-toetsstel vir Covid-19 van ’n maatskappy in Brackenfell het pas die groen lig van die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) gekry.
Ashley Uys (39), ’n boorling van Belhar wat deesdae in Kuilsrivier woon, sê hy en sy maatskappy, Medical Diagnostech, is trots op dié prestasie.
“Dit het ons 18 maande geneem om die Covid-19-antigeentoetsstel te laat realiseer,” sê Uys.