Die feit dat die getal nuwe SARS-CoV-2-infeksies en Covid-19-sterftes daal, is geen rede waarom inwoners van die Kaapstad-metro hul waaksaamheid ten opsigte van gesondheidsprotokol kan verslap nie.
“Almal wil terugkeer na normaal, maar om dit reg te kry, moet almal hul deel doen om veilig te wees,” sê Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, in ’n verklaring.
Verlede week is 4 405 nuwe gevalle en 269 sterftes in die metro aangemeld vergeleke met 6 211 nuwe gevalle en 401 sterftes die vorige week.