Die Kommissie vir Geslagsgelykheid (CGE) het Donderdagaand hul verklaring teruggetrek waarin hulle gesê het dit kan sleg vir vroue se reproduktiewe en seksuele gesondheid wees om teen Covid-19 ingeënt te word.
Die CGE sê hulle het navorsing hieroor verkeerd in hul verklaring op 16 Januarie aangehaal.
“By nadenke wil ons erken dat die uitreiking van die verklaring ’n betreurenswaardige fout was. Ons is verder spyt dat dit tot onnodige afleiding van die publiek se aandag weg van ons gemeenskaplike stryd teen die Covid-19-pandemie gelei het,” sê Javu Baloyi, CGE-woordvoerder.