Aanvullende dosisse van Covid-19-entstowwe is van Vrydag vandeesweek of aanstaande week af beskikbaar vir Suid-Afrikaners – afhangende van wanneer en waarmee jy ingeënt is.
Die departement van gesondheid het Donderdag in ’n verklaring gesê mense wat langer as twee maande gelede (op of voor 24 Oktober) met Johnson & Johnson (J&J) se entstof ingeënt is, kan van Vrydag af ’n aanvullende dosis kry.
Mense wat langer as ses maande gelede hul tweede Pfizer-inenting gekry het, kan van 28 Desember af ’n aanvullende dosis kry.