Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Woensdag die voorgestelde regulasies oor die bestuur van die Covid-19-pandemie ná die opheffing van die ramptoestand vir kommentaar gepubliseer.
Die publiek het 48 uur om kommentaar te lewer. Die sluitingsdatum is Vrydag 1 April.
Kry al die besonderhede in die Staatskoerant hier.