Pas uitgereikte genetiese data van die voedselmark in Wuhan verbind die uitbreking van Covid-19 met wasbeerhonde.
’n Groep navorsers het bevind dat sommige van die Covid-19-positiewe monsters ryk is aan die DNS van wasbeerhonde wat voorkom in Asië, berig The Guardian.
Die ontdekking bewys nie dat wasbeerhonde of ander diere wat met Covid-19 besmet is, die pandemie veroorsaak het nie, maar wetenskaplikes wat die werk die afgelope week aan die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) voorgelê het, meen dit maak so ’n teorie meer waarskynlik.