Die Amerikaanse nasionale agentskap vir openbare gesondheid het Maandag gesê dat die BA.2-subvariant van Omikron na raming byna drie uit elke vier koronavirus-variante in die land uitmaak.
Die koronavirusgevalle in Amerika het skerp gedaal nadat dit in Januarie rekordvlakke bereik het. ’n Toename in gevalle in dele van Asië en Europa het wel kommer laat ontstaan dat nog ’n vlaag moontlik in Amerika kan volg. Gesondheidskenners meen egter dit is onwaarskynlik dat dit sal gebeur.
Op 1 April was die sewedaagse gemiddeld van koronavirusgevalle in Amerika 26 106 teenoor die vorige week se 26 309. Dit is volgens data van die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC).