Dit is tyd om die ramptoestand van bykans twee jaar op te hef, Kapenaars te laat swem en krieket kyk en kinders voltyds terug te stuur skool toe, meen politici, burgerregtegroepe en onderwysvakbonde. As dit nie spoedig gebeur nie, dreig hulle om die regering te dagvaar.
Die DA het Woensdag reeds begin met regstappe weens die “verregaande” rotasiestelsel in skole.
John Steenhuisen, DA-leier, het in ’n verklaring gesê die beleid oor die handhawing van ’n afstand van minstens een meter tussen leerlinge beteken die meeste skole moet op ’n rotasie-grondslag funksioneer. Dit bepaal elke kind mag slegs 50% van die tyd fisiek by die skool wees.