Mense moet versigtig bly, al is daar ’n moontlikheid dat die regering sy tydelike Covid-19-regulasies gaan ophef.
Prof. Salim Abdool Karim, voormalige voorsitter van die ministeriële advieskomitee oor Covid-19, meen dit is die regte tyd om die regulasies op te hef, maar waarsku mense moet lig loop, veral vir die Pi-virusvariant wat dalk tot ’n sesde vlaag van die koronavirus in Suid-Afrika kan lei.
Netwerk24 het ’n brief onder oë gehad wat die departement van gesondheid Dinsdag aan premiers en LUR’e vir gesondheid gestuur het en waarin voorgestel word dat die dra van maskers, beperkings op byeenkomste en vereistes vir reisigers na Suid-Afrika opgehef word.