Die J&J-entstof teen Covid-19 is veilig om te gebruik, sê die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra).
Die Amerikaanse voedsel-en-medisyneraad (FDA) het egter die gebruik van dié entstof beperk weens kommer oor ’n seldsame toestand wat bloedklonte veroorsaak by mense wat daarmee ingeënt is. Goedkeuring vir die gebruik daarvan is toe op 5 Mei hersien.
“Die FDA het 60 bevestigde gevalle gesien van ’n seldsame, maar lewensgevaarlike sindroom van bloedklonte wat met die entstof verband hou. Dit is ook met lae tellings van bloedplaatjies geassosieer waarna as trombose met trombositopeniesindroom (TTS) verwys word,” sê Sahpra in ’n verklaring.