Hy wil sy eie lewe neem omdat hy meer as ’n jaar laas sy vriende sien glimlag het. Hulle dra almal maskers om hulle teen die Covid-19-pandemie te beskerm.
Nog ’n tiener weier om ekstra wiskundeklasse by te woon omdat hy nie ’n uur of twee langer ’n masker wil dra nie.
Die Child Protection Hotline word sedert die aanvang van die pandemie daagliks oorval met die soort oproepe. Hulle kry ook daagliks oproepe oor gesinsgeweld en mishandeling, sê Danie van Loggerenberg, die stigter van die National Child Protection Centre onder wie die hulplyn val.