Kenners meen ’n strenger inperking om die verspreiding van die Omikron-variant van die koronavirus onder Suid-Afrikaners oor die feestyd te bekamp, sal nie vrugte afwerp nie.
Dr. Jo Barnes, epidemioloog verbonde aan die Universiteit Stellenbosch (US), sê ’n strenger nasionale inperking sal groter skade aan die samelewing aanrig as wat dit sal help.
“Die variant is reeds wyd verspreid oor die wêreld heen en nie net in Suid-Afrika nie. Daar sal ernstig daaraan gewerk moet word om soveel mense as moontlik volledig ingeënt te kry, en om vir diegene wat meer as ses maande gelede volledig ingeënt is, opvolgdosisse te gee,” sê sy.