Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se koronavirus-inentingsbeleid is diskriminerend en ’n tipe mediese apartheid, meen Pearl Kupe, ’n Pretoriase prokureur en aktivis teen onder meer verpligte inenting.
Netwerk24 het vroeër berig die universiteit se inentingsbeleid bly van krag, ondanks die feit dat die regering alle oorblywende Covid-19-regulasies geskrap het.
Lacea Loader, UV-woordvoerder, het toe aan Netwerk24 gesê die UV het besluit om nie sy inentingsbeleid op te hef nie omdat Covid-19 steeds ’n werklikheid is en die beleid goeie gesondheidsgedrag aanmoedig.