Indien toeskouers nie die Covid-19-maatreëls by skoolgeleenthede nakom nie, sal die verwagte vierde vlaag van infeksies gou op ons voorstoep wees.
Maar indien dit nagekom word, behoort daar nie groot probleme in dié verband te wees nie.
So het kenners Sondag aan Netwerk24 gesê nadat Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, Vrydag in die Staatskoerant aangekondig het dat toeskouers nou weer by skole se sport-, kuns- en kultuurgeleenthede toegelaat word mits die handhawing van ’n gesonde afstand, die dra van gesigmaskers en die was van hande toegepas word.