’n Neurochirurg van Johannesburg glo mense wat nie ingeënt is nie moet met hidroperoksied nebuliseer en “ekstra” ivermektien en vitamien C inneem wanneer hulle in aanraking kom met mense wat ’n Covid-19-inenting gekry het.
Dr. Herman Edeling het Woensdag dié omstrede stelling gemaak tydens ’n “oop gesprek” in Johannesburg waar die veiligheid van Covid-19-entstowwe bespreek is.
Dr. Susan Vosloo, wat twee maande gelede by die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGB) verkla is nadat sy beweer het die risiko van Covid-19-entstowwe is groter as die siekte self, sou deel wees van die paneelbespreking, maar het haar onttrek.