Die Wes-Kaapse regering, wat maande lank reeds druk om die ramptoestand te beëindig en met Covid-19-regulasies weg te doen, het die herroeping van die laaste oorblywende regulasies verwelkom.
Alan Winde, premier, sê in ’n verklaring dit was hoog tyd.
“Dit is nou die verantwoordelikheid van alle inwoners om die lesse wat hulle die afgelope twee jaar geleer het toe te pas om hulself veilig te hou,” sê Winde.