Hoewel die nasionale departement van water en sanitasie sê Gauteng het genoeg water, gaan die Johannesburgse metro voort om waterbeperkings hier strenger toe te pas.
Die departement doen wel ’n beroep op Gautengers om water te spaar.
Netwerk24 het vroeër berig die watervlakke van damme, wat water aan Gauteng verskaf, is aansienlik laer in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Boonop word daar tot einde November beplande herstelwerk aan die tonnelstelsel van die Lesotho-hoogland-waterskema (LHWS) gedoen. Die LHWS is een van die Vaalrivierstelsel se grootste waterbronne.