Afgevaardigdes van die Makhanda-munisipaliteit sê hulle kyk hoe die munisipaliteit die Gift of the Givers kan vergoed vir werk wat die organisasie gedoen het om die nood tydens die waterkrisis te verlig.
Gift of the Givers het verlede week aangekondig hulle het hul humanitêre hulp aan die dorp onttrek omdat hulle nie daarmee kan volhou sonder die finansiële steun van die regering nie.
Die organisasie het oor ’n tydperk van 13 weke meer as R15 miljoen bestee om inwoners uit hul waternood te red.