Die organisasie South African Water Warriors is dringend op soek na watertenkwaens om water van die Tuinroetedam in George in die Suid-Kaap na boere in Oudtshoorn te vervoer.
Die George-munisipaliteit het vroeër vandeesmaand bekend gemaak dat 9% water van die Tuinroetedam uitgetap moet word sodat die oorloop van die dam verhoog kan word. Die dam was Maandag 82,96% vol.
Pieter du Plessis van SA Water Warriors, ’n organisasie sonder winsbejag, sê hulle het nog geen tenkwaens gekry nie. “Ons het nog geen aanbiedinge gehad nie.”