“Die waterkrisis in die Nelson Mandelabaaigebied is kritiek, maar hulle sal alles moontlik doen om die besoekers in die feestyd te ontvang en te keer dat die krane opdroog.
So sê Retief Odendaal, burgemeester, oor die waterkrisis met die vlak van opgaardamme wat op gemiddeld 17% is.
Hy het ’n nuuskonferensie toegespreek by die by Impofudam, een van die gebied se groot opgaardamme sowat 103 km verder en gesê net meer as ’n dekade gelede kon hulle vermy dat die krane heeltemal leegloop ná ’n verwoestende droogte, wat tot ’n sekere mate vandag nog heers.