Oudtshoorn se waterbeperkings is opgehef nadat die Koos Raubenheimerdam verlede week die eerste keer in vyf jaar oorgeloop het.
Die waterbeperkings is weens die voortslepende droogte ingestel, maar danksy goeie reën die afgelope tyd het die damvlak aansienlik gestyg en het dit Dinsdag begin oorloop, sê die Oudtshoorn-munisipaliteit.
Chad Louw, Oudtshoorn se burgemeester, het by navraag gesê hulle is dankbaar en opgewonde oor die reën hoewel inwoners baie skade gely het.