Die Wes-Kaap se gemiddelde damvlak styg ál nader aan 80%, terwyl Kaapstad se gemiddelde damvlak byna op 98% staan.
In die afgelope week het die provinsie se gemiddelde damvlak van 76,6% tot 77,3% gestyg. Dit was verlede jaar in die ooreenstemmende tydperk 62,2%.
Kaapstad se gemiddelde damvlak was Dinsdag 97,7% vergeleke met 97,5% ’n week gelede en 78,6% ’n jaar gelede.