Sowat 100 leerlinge van die Hoërskool Waterkloof in Pretoria moes in isolasie gaan nadat ’n gr. 11-leerling verlede Maandag “siekerig” skool toe gekom en die volgende dag positief getoets is vir Covid-19.
Die meisie was ook by ’n sportbyeenkoms waar atlete individueel kon deelneem.
Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, sê alle leerlinge wat in noue kontak met die leerling was, is aangeraai om hulself te isoleer.