Sowat 33 personeellede van die Mediclinic Panorama is in selfisolasie nadat ’n pasiënt met wie van hulle in kontak was, aanvanklik negatief en toe ná nog ’n toets positief vir die koronavirus getoets het.
Dr. Stefan Smuts, hoof- kliniese beampte van Mediclinic Suider-Afrika, het Woensdag gesê hulle het onmiddellik begin om die personeel met wie die pasiënt in kontak was, te identifiseer.
“Die 33 gesondheidswerkers met ’n hoë risiko is geïdentifiseer en onmiddellik huis toe gestuur om sewe dae lank te selfisoleer.