Aappokke sal voortaan bekend staan as apokke (mpox), het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) aangekondig, ná klagtes oor rassistiese en stigmatiserende taal wat aan die virus se naam gekoppel is.
Die BBC berig die ou naam sal vir ’n jaar saam met die nuwe een gebruik word, voordat dit uitgefaseer sal word.
Menslike aappokke is vir die eerste keer in 1970 geïdentifiseer. Dit is genoem na die siekte wat meer as ’n dekade vroeër by ape in aanhouding ontdek is, berig CNN.