’n Afname in Covid-19-gevalle in die Kaapstad-metro blyk ook ’n afname in begrafnisse mee te bring.
Vir die tweede week in ’n ry het begrafnisse in begraafplase in die Kaapstad metro effens afgeneem, sê Zahid Badroodien, burgermeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid. Maar daar is steeds ’n groot vraag en mense word aangeraai om alternatiewe maniere te vind om hul geliefdes te begrawe.
Hy sê daar was die afgelope week 622 begrafnisse in Kaapstadse begraafplase.