Die appèlhof het in ’n uitspraak gesê die regulasies wat aanvullende medisyne reguleer, is ongeldig.
Die uitspraak volg nadat die Vereniging vir Natuurlike Gesondheidsprodukte (ANHP) die hof oor die geldigheid daarvan genader het.
Volgens die vereniging gee die Medisynewet die minister van gesondheid en die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) nie die mag om aanvullende en alternatiewe medisyne te reguleer nie, omdat dit nie binne die definisie van medisyne val nie.