Enigeen in Suid-Afrika wat skielik doodgaan of by die huis doodgaan moet ingevolge ’n nuwe regulasie vir Covid-19 getoets word.
Dit moet gebeur voordat ’n doodsertifikaat uitgereik word, lui ’n kennisgewing wat dr. Sandile Buthelezi, direkteur-generaal van gesondheid, aan onder andere dokters en begrafnisondernemers gestuur het.
Buthelezi sê in die brief die besluit is in oorleg met dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, geneem om die oorsaak van die groot getal “surplus-sterftes” te bepaal.