Speelgoed word steeds by takke van Checkers-winkels verkoop ondanks die verbod op die verkoop van nienoodsaaklike produkte gedurende die staat van inperking.
Ingevolge regulasie 11A van die Wet op Rampbestuur van 2002 kan slegs kos-, skoonmaakmiddels, higiëniese, mediese en brandstofprodukte gedurende die staat van nasionale inperking verkoop word.
Die regulasies maak nie voorsiening vir speelgoed nie en dit is onwettig om dit in hierdie tydperk te verkoop.