’n Munisipale bestuurder van die Vrystaat het Sondag in Bethlehem aan Covid-19 gesterf.
Mamsie Tsoene, uitvoerende burgemeester van die Mantsopa-munisipaliteit (Excelsior, Ladybrand, Hobhouse en Tweespruit), het Maandag gesê die 55-jarige Thamae Masejane was sedert 12 April in die Hoogland-Mediclinic op die dorp.
Sy dood kom te midde van kommer oor die stygende Covid-19-syfers in die Vrystaat.