“Ons sien foto’s en video’s van mense wat partytjie hou of sosiaal verkeer – en dit sonder maskers. Ons moet baie versigtig optree en waaksaam wees om onsself en die mense om ons te beskerm.”
Só het pres. Cyril Ramaphosa gisteraand op ’n sogenaamde presidensiële imbizo gesê toe hy vrae beantwoord het van gewone Suid-Afrikaners wat deur ’n omroeper aan hom gestel is.
Die vrae het gestrek van kwessies soos die doodstraf en privatisering tot wat Covid-19-simptome alles behels.