Daar was die afgelope seisoen ’n merkbare afname in diarree en longontstekingsgevalle, sê die Kaapse metro.
Die gevalle neem gewoonlik tussen November en Mei toe. Die metro het vroeër ’n span saamgestel om na primêre gesondheidsorg en omgewingsgesondheid te kyk.
Volgens die metro word die afname deels toegeskryf aan mense wat weens Covid-19 meer aan gesondheidsprotokolle voldoen.