Die water- en rioolprobleme in die Vrystaat kan ’n groot bedreiging vir menselewens inhou, veral in die lig van die uitbreking van cholera in die provinsie.
Net 20% van die rioolaanlegte in die provinsie is in ’n werkende toestand, sê Leona Kleynhans, DA-lid van die Vrystaatse wetgewer.
Die departement van water en sanitasie (DWS) het onlangs dié inligting in ’n verslag bekend gemaak, sê sy.