Die Oos-Kaapse drankraad sê drankhandelaars moet hul klante aanmoedig om teen Covid-19 ingeënt te word.
Dié versoek is in ’n poging om te vermy dat drankwinkels en afsetpunte gedwonge weer hul deure moet sluit as ’n voorkomingsmaatreël teen die verspreiding van die virus. Ingeënte klante sal die moontlikheid verklein dat drankhandelaars superverspreiders van die virus word, glo die drankraad.
Mgwebi Msiya, woordvoerder van die Oos-Kaapse drankraad, sê inentings word aangemoedig onder hul werknemers en handelaars, terwyl hulle ook klante probeer oorreed.