Dwelms met ’n straatwaarde van bykans R1 miljoen is tydens ’n spesiale polisieoperasie in die Suid-Kaap gevind.
Die optrede om misdaad te bestry het deel uitgemaak van die operasie “Vhuthu hawe” en het reeds Donderdag om 06:00 begin.
Volgens die polisie het die optrede inspeksies vir nakoming, padblokkades, deursoekpunte vir voertuie, stop- en deursoek-operasies en die sluiting van dwelm- en drankafsetpunte ingesluit.