Net sowat 38% van die mense in die Kaapstad-metro wat 60 jaar en ouer is, het tot dusver vir fase 2 van die Covid-19-inentings geregistreer.
Die metroraad het Dinsdag in ’n verklaring gesê verlede week is 135 mense ingeënt in die geriewe wat deur die metroraad bestuur word, en altesaam 9 214 oor die hele metropool heen, van wie die meeste in ouetehuise is.
Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, het vroeër gesê die Wes-Kaap het 33 900 dosisse van die Pfizer-entstof by die regering gekry.