Die Bill & Melinda Gates-stigting het R80 miljoen aan die Wes-Kaapse regering geskenk vir ’n driejaarprogram om tuberkulose (TB) te bekamp.
Die regering, die Kaapstad-metro en hul vennote het die reuse-inspuiting verwelkom, wat gebruik gaan word om mense met TB vinniger te identifiseer, hulle doeltreffend te behandel en bystandsorg te verleen.
’n Kombinasie van innovasie en data, wat deur die Wes-Kaapse gesondheidsentrum beskikbaar gestel gaan word, sal help om ’n pasiëntgeoriënteerde benadering tot TB-beheer in die Wes-Kaap bevorder.