’n Boorgat wat sowat 14 000 liter water per uur kan lewer, is Dinsdag by die Elizabeth Donkin- Psigiatriese Hospitaal in Gqeberha ingewy.
Dit was die sewende boorgat wat Gift of the Givers in die metro van Nelson Mandelabaai (NMB) gesink het.
“Die boorgat is op ’n baie strategiese plek in die rooi sone, op ’n baie goeie geologiese klipformasie en naby die lughawe,” het dr. Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers, by die inwyding gesê.