Die Civic Organisation of South Africa (Icosa) soek duidelikheid oor gerugte dat geen dagkampeerders meer in Desember by die gewilde Souwesia- en Suiderkruisstrand in Groot-Brakrivier mag oornag nie.
Dawid Kamfer, Wes-Kaapse leier van Icosa, het ’n brief aan die Mosselbaai-munisipaliteit geskryf oor die bewerings dat ’n komitee, wat as middelman tussen die munisipaliteit, gemeenskap en ander belangepartye optree, die besluit geneem het.
Volgens Kamfer kan slegs die stadsraad so ’n voorstel goed- of afkeur en moet die gemeenskap eers daaroor gekonsulteer word.