Talle leerlinge van die Hoërskool Waterkloof in Pretoria is positief vir die koronavirus getoets terwyl Chris Denysschen, die hoof, met Covid-19 in die hospitaal opgeneem is.
Annette Grobbelaar, bemarkingsbestuurder van die skool, het Donderdagaand aan Werner Beukes bevestig Denysschen is in die waakeenheid. Sy het gesê dit gaan in dié stadium goed met hom.
Luidens ’n verklaring deur Lydia Hartley, onderhoof, en Nico van Aardt, beheerliggaamvoorsitter, het die getal infeksies onder die skool se leerlinge en onderwysers die afgelope twee weke toegeneem.