Die inentingsprogram by Huis Idahlia by die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein verloop vlot met toenemend meer mense wat hier opdaag om hul inenting teen Covid-19 te kry.
Dr. Nicholas Pearce, hoof van die Covid-19-sentrum by Universitas, sê daar is Woensdag 1 400 inentings gedoen “wat baie goed vir een dag is”.
Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, sê by die Pelonomi-streekshospitaal in Bloemfontein gaan dit ook taamlik goed, hoewel hulle sou wou sien dat meer mense daar opdaag.