Die Kaapstadse metroraad het R30,7 miljoen vir die ontsmetting van woonstelle, behuisingskomplekse en huurwoonstelle as ’n veiligheidsmaatreël teen Covid-19 goedgekeur.
Dié geld is as gevolg van weens die herprioritisering van die huidige begroting beskikbaar.
“Die addisionele begroting word ook gebruik om voorkomende intervensieprojekte in en rondom openbare behuisingsgebiede in ooreenstemming met die Covid-19-vereistes in te stel.